Jakhals Events bied reeds vir 10 jaar topgehalte fietsry-, trailrun, perdry- en skoue aan en is goed gekonfyt in die bedryf wanneer jy ’n maatskappy soek om te help met die aanbied van enige suksesvolle event.
Dit sluit in alle aansoeke en administrasie, huur van venues en toerusting, opstel van aktiveer van events en talle ander dienste wat vereis word, in.
Hulle het ook ’n mobiele koffiestalletjie, Jakhals Brew, wat by geleenthede gebruik kan word. Aan die stuur van hierdie maatskappy is Corne Botha, en sy regterhand, Stephanie Botha. Die Botha’s is reeds 15 jaar ’n gedugte span en het twee oulike hondekinders, Zoë en Bobby.
Die maatskappy is vernoem na CJ Langenhoven se hond, Jakhals. Daar is selfs ’n gedig: Ag wat, dis maar ’n hond, deur sy baas, oor hom geskryf.
Tot op datum het hierdie bekwame maatskappy 210 suksesvolle events aangebied, is daar sowat 27 000 km met bergfietse gery en amper 1 800 km tydens hul Trailruns gehardloop.
In 2025 is daar 12 events wat deur Jakhals Events aangebied word, waarvan agt reeds suksesvol afgehandel is.
Jakhals Events is ook jaarliks betrokke by die aanbied en aktivering van groot nasionale geleenthede soos die SA Pad-fiets-wedren asook ’n Internasionale FEI perdeuithourit om ’n paar te noem.
Hierdie geleenthede vind oor die hele land plaas.
Kontak gerus vir Corné Botha by 074 260 2871 of stuur ’n e-pos na corne@jakhalsevents.co.za. Besoek ook hul webtuiste, www.jakhalsevents.co.za, vir meer inligting oor opkomende geleenthede waar jou tekkies volgende keer op die grond kan klap of die gruis onder jou fietswiele kan spat.
