HUIS TRIOMF, ’n kinderhuis vir seuns op Oudtshoorn, gaan sy deure as gevolg van finansiële druk binnekort finaal sluit.
Dié kinderhuis, die enigste kinderhuis in die Suid-Kaap en Klein en Groot Karoo wat omsien na seuns wat deur ’n hofbevel uit hul ouerhuise verwyder is omdat omstandighede nie geskik is vir hulle om daar aan te bly nie, voer die afgelope twee jaar ’n oorlewingstryd.
Huis Triomf is geregistreer as ’n ACVV-kinderhuis en ontvang maandeliks ’n subsidie per kind, maar dit is nie voldoende om die maandelikse uitgawes te help dek nie en word ook nie jaarliks verhoog om stygende uitgawes te dek nie.
Alie Killian, tesourier van Huis Triomf se bestuursraad wat al jare lank by die kinderhuis betrokke is, sê Covid-19 het die bydraes wat die kinderhuis nog uit die gemeenskap ontvang het, erg geknou.
Mense van hier en selfs uit die buiteland het einde 2019 gereageer op ’n beroep om finansiële steun vir Huis Triomf wat toe al gesukkel het om te oorleef. Finansiële ondersteuning wat die kinderhuis toe ontvang het, het gehelp om die deure langer oop te hou.
Killian sê daar is net genoeg geld om uitgawes tot einde Julie te dek.
“Ons het nie ’n ander opsie nie. Ons kan nie met ’n kinderhuis aangaan as ons weet ons sal nie ons maandelikse uitgawes in die toekoms kan betaal nie.”
Huis Triomf huisves tans 26 seuns tussen die ouderdomme van sewe en 18 jaar. Die meeste van die seuns is nie van Oudtshoorn nie, maar elders uit die Karoo, Klein Karoo en Suid-Kaap.
Killian sê die ACVV het intussen aangebied om Huis Triomf tot einde September finansieel te steun sodat daar tyd is vir kommunikasie met die seuns en die oorplasingsproses na ander kinderhuise.
Hoewel personeel reeds einde Junie kennis gegee is, sal hulle tot einde September aanbly nadat die seuns almal oorgeplaas is.
Ook Killian, ’n sakeman van Oudtshoorn wat self in ’n kinderhuis grootgeword en in 2006 by Huis Triomf betrokke geraak het, sê hy is daartoe verbind om tot die einde betrokke te bly en die administrasie van die kinderhuis te behartig. (Deur Liesel le Roux)
Huis Triomf sluit deure
Die kulkunstenaar, Jannie de Bruin, vermaak seuns by Huis Triomf met sy towertruuks twee jaar gelede. De Bruin, wat ook ’n buikspreker is, en sy pop Tommie Tomsen het die seuns laat skaterlag met hul kwinkslae. Die vertoning het deel uitgemaak van ’n besoek van die Oudtshoorn Rotariërs aan Huis Triomf twee jaar gelede om Mandeladag saam met hulle te vier. Foto: Schalk le Roux
May I suggest that the management team take the following action. Firstly, approach the Gift of the Givers, Toll free 0800786911, and request the involvement of Dr Suliman.
I am at a loss to understand that the Badisa is prepared to release the boys into hell again. This is often the root cause of crime. Can the Oudtshoorn retirement villages, that are Rotary projects not take on these poor lads as a project? Think of the food left overs daily as a possible source of cost saving.A plate of porridge and a bowl of soup could be billed to all residents accounts, say R2 per day.Think creatively these lads need a future!