Hooggeregshof: Dié sake nou op George aangehoor

Die Wes-Kaapse hooggeregshof hanteer sedert November verlede jaar alle siviele sake van die oos-distrik by die hof in Thembalethu, George.

Dié aankondiging is verlede Vrydag (14 Februarie 2020) deur die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng gemaak.

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe. het dit bevestig.

Volgens hom sit die die Hooggeregshof reeds sedert verlede jaar November by dié hof waar hulle siviele sake van die oos-distrik aanhoor.

Die oos-streek sluit Oudtshoorn, George, Mosselbaai, Knysna en Plettenbergbaai in.

Die siviele sake is in die verlede in die plaaslike landdroshowe van dié dorpe aangehoor.

Volgens die kennisgewing sal kriminele Hooggeregshofsake – soos die Preston Titus-moordverhoor – eg­ter steeds deur die regters by die verskeie landdroshowe van die dorpe in die oos-distrik aangehoor word. (Deur Angelique Erasmus)