Nuwe minimumloon geldig vanaf 1 Maart vanjaar

DIE minister van arbeid, Thulas Nxesi, het Maandag (17 Februarie) ’n kennisgewing uitgereik rakende die styging in die nuwe minimumloon.

Die minimumloon styg met 3,8%. Dit tree op 1 Maart 2020 in werking.
Ander kategorieë van die minimumloon word ook verhoog.

Hier is die nuwe loon per uur:
• Werkers wat nie deur ’n sektorale ooreenkoms gedek word nie – R20,76 per uur.

• Huiswerkers – R15,57 per uur.

• Kontrak-skoonmakers – tussen R20,83 en R22,84 per uur, afhangend van die geografiese gebied.

• Plaaswerkers – R18,68 per uur.

• Die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) – R11,42 per uur.