Mosies teruggetrek

MOSIES van wantroue in die DA-burgemeester en DA-speaker van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson en Julia le Roux, is vanoggend met die aanvang van ’n raadsvergadering op Oudtshoorn teruggetrek.

Die hoofsweep van die ANC in die Groter Oudtshoorn-raad, Jongilizwe Tyatya, het verlede week gesê die mosies is deur die ANC ingedien.

Le Roux het met die aanvang van vanoggend se vergadering gesê dat sy ’n brief ontvang het van Tyatya. Die uitsending van die Zoom-vergadering is egter direk hierna onderbreek en meer inligting is nie in hierdie stadium beskikbaar oor die terugtrekking nie. Die vergadering is steeds aan die gang. (Deur Liesel le Roux)