Walter Hendricks is verlede Vrydag eenparig as Oudtshoorn se munisipale bestuurder aangesel. Hendricks was vir die afgelope vier maande die waarnemende munisipale bestuurder. Volgens Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Chris Macpheason het Hendricks reeds bewys dat hy ’n kenner op die gebied van munisipale bestuur is.
“Hy ‘n kenner op die gebied van munisipale bestuur is en skroom nie om daadwerklik op te tree en besluite te neem nie.” het hy gesê. Foto: Hannes Visser
Hendricks aangestel as munisipale bestuurder
