’N VOORMALIGE pastoor van Oudtshoorn, Stepha nus Olivier (62), beoog om teen sy skuldigbevinding en vonnis van meer as 50 jaar te appelleer. ’n Voorlopige hofdatum hiervoor is vir
Maandag (14 November) vagestel.
Olivier is verlede Woensdag (2 November) in die Oudtshoorn Streekhof tot 59 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy op drie klagtes van verkragting, vier van seksuele aanranding en 24 van die besit van kinderpornografie skuldig bevind is.
Hy het tydens die hofsaak alle getuienis teen hom as vals, absurd en belaglik afgemaak het, en
gesê net hy praat die waarheid.
Streeklanddros Daniel Boks het egter die getuienis van die twee klaers sowel as van ander staatsgetuies betroubaar bevind, maar gesê dat dieselfde nie van Olivier gesê kan word nie.
Die verkragting en seksuele aanranding het in 2003 en tussen 2011 en 2016 plaasgevind toe die
twee klaers onderskeidelik 13 en 14 jaar oud was.
Olivier is daaraan skuldig bevind dat hy die eerste klaer, toe sy vir twee weke by hom en sy
vrou oorgebly het toe haar moeder nie tuis was nie, onsedelik aangerand het. Hy het ook
by twee geleenthede in sy kerkkantoor geslagsgemeenskap met haar gehad.
Die tweede klaer wat hy en sy vrou aangeneem het toe sy 13 maande oud was, het getuig dat Olivier haar in sy kantoor verkrag het en gesê dit is liefde maak en dat sy daaroor moet stilbly omdat niemand haar sal glo nie.
Boks het met vonnisoplegging gesê Olivier was in ’n vertrouensposisie wat hy misbruik het en het tot die einde, ten spyte van verdoemende getuienis, geen berou getoon nie.
“Vonnis moet getemper word met ’n mate van genade, maar die hof kan nie die beskuldigde jammer kry omdat hy ’n pastoor is nie. Hy is skuldig bevind aan gruwelike en afskuwelike dade met kinders en moet swaar gestraf word,” het hy gesê.
Die hof het van die klagtes saamgeneem vir vonnis.
Vir die drie klagtes van onsedelike aanranding van ’n 13-jarige is hy tot ses jaar gevangenisstraf
gevonnis en vir die twee klagtes van verkragting tot 20 jaar. Vir die verkragting van ’n 14-jarige is
hy tot 20 jaar gevonnis en agt jaar vir onsedelike aanranding. Op die 24 klagtes van die besit van
kinderpornografie is hy tot vyf jaar gevonnis wat samelopend met een van die vonnisse vir verkragting uitgedien kan word vir effektiewe tronkstraf van 54 jaar.
Die hof het gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem moet
word en hom onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Ao Fanie le Roux was die ondersoekbeampte is die saak. (Deur Garnett Wicomb)
‘Gruwelike, afskuwelike dade met kinders’ lei tot baie swaar straf
Stephanus Olivier.
Foto verskaf