Schalk en Liesel le Roux, voormalige eienaars van Die Hoorn, is verlede Donderdag deur
Chris Macpherson (regs), uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, vereer vir
die rol wat hulle 22 jaar lank in die gemeenskap gespeel het. “Objektiewe en akkurate nuusdekking
is vir enige gemeenskap van uiterste belang. In al die jare wat Schalk en Liesel aan
die stuur van Die Hoorn was, het hulle daarvoor gesorg dat die gemeenskap daagliks voorsien
is van nuus wat van belang was. Hulle het ook ’n groot rol gespeel om nie net die suksesse
van plaaslike regering nie maar ook die uitdagings en tekortkominge uit te lig en bekend te
maak. Ek wens hulle alles van die beste toe met die sakebelange wat hulle steeds op die
dorp het en glo dat die nuwe eienaars sal voortbou op dit wat Schalk en Liesel oor die jare
opgebou het,” het Macpherson gesê met die oorhandiging van ’n sertifikaat van erkenning vir
hulle diens aan die gemeenskap. Foto: Tania Steffens vir die Oudtshoorn Munisipaliteit