Aartsbiskop ingehuldig

By die inhuldiging van aartbiskop Reyalno E Booyce (vierde van links) was ook van links apostel Fernando Walters, vader Roger Muller, aartsbiskop Nkosinathi R Lubuzo, biskop John M Vena, biskop David Botha, ds Thando Lubuzo, biskop (verkose) Arrol Booysen. Onder: Booyse en sy vrou, Melody, se dogter, Renesmé Anira, is tydens die seremonie ingeseën. Foto’s: Angelique Erasmus

’N OUDTSHOORNIET, Reyalno E Booyce, is Saterdag by die NG Kerk Moedergemeente op Oudtshoorn as aartsbiskop ingehuldig.

Volgens Booyce, voorheen biskop, is hy nou die aartsbiskop van Grace Covenant Alliance International en voorsitten de prelaat van Rock Bedieninge Internasionaal.

Hy is ook die aartsbiskop (Wes-Kaap) vir die Afri ka Nasionale Raad van Bis koppe en sal ook betrokke wees by die Pinksterbisdom van die Tuinroete wat binnekort geloods word.

Booyce het kerkverbintenisse in Gha na, Liberië, Zambië, Malawi, Nigerië, die VSA, Italië en in Suid-Afrika. Hy is ook die aartsbiskop vir die Verenigde Vergadering van Christelike Kerke in Afrika. (Deur Angelique Erasmus)