
Die Love Oudtshoorn-fees, aangebied deur die Globale Netwerk van Evangeliste (GNE), in samewerking met plaaslike kerke, vind van 1 tot 4 Oktober in Oudtshoorn plaas.
Die gratis Christelike fees beloof vier dae van musiek, gesinsvermaak, en sportaktiwiteite vir mense van alle ouderdomme. Die fees bied ‘n geleentheid om die evangelie deur verskeie gemeenskapsinisiatiewe regoor Oudtshoorn met die breër gemeenskap te deel.
As deel van die voorbereidings vir die fees word die publiek uitgenooi om die Innoverende Evangelisasie-meestersklas op Saterdag 18 Julie, van 08:30 tot 14:00, by die Oudtshoorn Burgersentrum by te woon.
Die gratis opleidingsessie is gemik op gelowiges wat hul vertroue wil versterk om die evangelie effektief te deel en prakties voorberei wil word vir die komende fees en uitreikprojekte.
Onderwerpe wat behandel sal word, sluit onder meer in digitale evangelisasie, kinderbediening, jeuguitreike, een-minuut-getuienisse, dissipelskap en die bereik van verskillende gemeenskapsgroepe.
Die organisasie nooi pastore, predikante, priesters, kerkleiers, kerklidmate, jeug en enige persoon met ‘n passie vir evangelisasie om deel te neem. Daar is geen beperking op die aantal deelnemers nie en toegang is gratis.
Belangstellendes kan registreer deur die QR-kode te skandeer.
Skandeer die QR-kode om vir Saterdag se gratis Innoverende Evangelisasie-meestersklas te registreer:

