Geld en sigarette by spazawinkel gesteel

Die huiswinkel op Ladismith wat besteel is. Foto: Deon Meyer

TWEE mans is verlede Woensdag (11 Mei) in die vroeë oggendure in Ladismith deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle volgens die eienaars van ’n spazawinkel in Jonathanstraat sowat R21 000 en sigarette ter waarde van R2 000 gesteel het.

Die mans, 31 en 46 jaar oud, het na bewering by die winkel ingebreek.

Volgens sers Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, is hulle na vinnige reaksie deur die polisie by ’n huis in Nissenville vastrek.

Spies sê die verdagtes bly in aanhouding tot met hul hofverskyning op aanklagtes van besigheidsroof in die Ladismith Landroshof. (Deur Deon Meyer)