Franken wen September se R10000

CJ Franken (links) is September se gelukkige wenner van R10000 in Timbercity Oudts­hoorn se kompetisie met prysgeld van altesame R50000! Hier oorhandig Shaun Westraad van Timbercity die prys aan CJ. Deur by Timbercity aankope ter waarde van R1000 of meer te doen en jou faktuur of kontant-strokie met jou kontakbesonderhede daarop in die spesiale houer in die winkel te plaas, staan jy aan die einde van Oktober 2022, November 2022 en Desember 2022 ’n kans om ’n hele R10000 te wen!