Elaine wen lootjietrekking

Irma Olivier (links), bestuurder van die ACVV Tuishuis op Oudtshoorn, wens Vry­dag (1 April) die tehuis se eie suster, Elaine Wagenaar, geluk nadat haar naam getrek is as die wenner van Tuishuis se onlangse lootjietrek­king ten bate van die herstel van die tehuis se dak. Die lootjietrekking het saamgeval met ’n teetuin wat ten bate van die herstel van die dak gereël is. Die dak is tydens onlangse erge reën beskadig. Volgens Olivier moet hulle nog fondse insamel omdat hulle steeds ’n entjie van hul teiken af is. Foto: Stefan Goosen