DIE bedrogsaak teen vier senior amptenare van Kannaland is Maandag in die Oudtshoorn Streekhof vir verhoor tot 8 Mei 2023 uitgestel na onsuksesvolle vertoë tot die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging (DOV). Die vier, McGrandile Makier (menslike hulpbronnebestuurder), Hendrik Barnard (direkteur: korporatiewe dienste), Morné Hoogbaard (voormalige munisipale bestuurder) en Nigel Delo (voormalige hoof finansies) word aangekla dat hulle die munisipaliteit uit meer as R338 miljoen bedrieg het, en aangekla van bedrog en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.
Die staat beweer dat hulle hulself verryk het deur onder meer bedrieglike aanstellings en onregmatige na-uurse en verlofuitbetalings. (Deur Garnett Wicomb)