Direkteur van Cango Wildlife Ranch sterf

Andrew Eriksen, saam met Harry, ’n dwerg­seekoei. Foto: Verskaf

DIE bekende diereliefhebber en besturende direkteur van die Cango Wildlife Ranch buite Oudtshoorn, Andrew Eriksen, is Maandag oorlede.

In ’n verklaring wat die week deur die Cango Wildlife Ranch uitgereik is, word Eriksen beskryf as ’n toegewyde en innoverende man, maar was hy ten spyte van sy vasberadenheid, krag en uithouvermoë die slagoffer van langdurige en chroniese siekte.

“Sy voortydige dood laat ’n groot leemte in die harte van sy familie, die span van die Cango Wildlife Ranch, die internasionale soölogiese gemeenskap en die baie diere aan wie hy sy lewe gewy het,” sê Tammy Moult, assistent-direkteur van die Ranch.

Sy het versoek dat sy gesin se privaatheid geres­pekteer moet word, en gevra dat mense nie blom­me moet stuur nie, maar eerder skenkings kan doen aan die Cheetah Preservation Foundation as eerbewys aan Eriksen se lewenslange toewyding aan die sorg en bewaring van diere te eer.

Eriksen word oorleef deur sy vrou Glenn, vyf kinders, Peter, Garrett, Kylie, Jess en Douglas, en ’n kleinseun, Spencer. (Deur Angelique Erasmus)