Drie aanrandingsklagtes by
ingang van feesterrein ondersoek

DRIE klagtes van aanranding word tans deur die Oudtshoorn Polisie ondersoek na ’n insident by die ingang van die KKNK-feesterrein in die vroeë oggendure van Donderdag, 31 Maart.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval omstreeks 01:15 die oggend in St Johnstraat plaasgevind toe ’n groep mense na bewering deur die terrein wou beweeg en deur ’n sekuriteitsbeampte verhoed is.

Visser sê dit is toe dat die sekuriteitsbeampte na bewering aangerand is.

Twee klagtes van aanranding teen die groep word volgens Visser ondersoek word, met ’n derde klag teen die beampte wat later ingedien is en ook ondersoek word. Niemand is nog aangekla nie. (Deur Stefan Skapie Goosen)