DIE bekende politikus en apartheidstrydvegter, dr Allan Boesak, het verlede week sy volle steun aan People Against Race Classification (PARC) toegesê.
Die Oudtshoorniet en stigter van PARC, Glen Snyman, sê Boesak steun hom en die organisasie al sedert die WKOD hom in 2020 wou afdank omdat hy die African-blokkie op ’n aansoekvorm gemerk het.
“Ons het Woensdag saam ’n koppie koffie gedrink, en ek het hom bedank vir sy openlike steun op RSG op 15 Oktober 2020 toe die WKOD my wou afdank omdat ek in Oktober 2020 African getiek het.”
Boesak het Woensdag tydens sy en Snyman se ontmoeting ’n boodskap in een van Snyman se boeke, The blind man’s race, geskryf en hom sterkte toegewens met die belangrike werk wat PARC doen vir ’n nie-rassige Suid-Afrika.
In ’n videoboodskap daarna sê hy die volgende: “Ek is hier met Glen Snyman van PARC en ons praat oor die groot en belangrike werk wat PARC doen vir ons land en ons mense. Die kwessie van identiteit in Suid-Afrika is ’n moeilike maar baie belangrike kwessie en ek het vir hom gesê solank PARC onthou dat ons identiteits grond het eers as dit val in ons African-wees en ons Khoi-wees en dan in ons breë Suid-Afrikaans-wees as ek inklusief is, en as ek eerlik omgaan met ons geskiedenis, sal dit in die toekoms beter gaan. Ek wens dus PARC ’n baie baie vrugbare jare toe en wens dat die Here julle sal seën in jul werk en dat jul groot sukses sal bereik in groot dele van ons land se mense.
• Die Suid-Afrikaanse parlement het op 24 Junie 2022 ’n petisie van PARC aanvaar dat die rasseklassifisering van Suid-Afrikaners en die verwydering van die term kleurling spesifiek bin- nekort in die Nasionale Vergadering bespreek moet word. Die Menseregtekommissie is ook opdrag gegee om standpunt in te neem of hulle rasseklassifisering steun of daarteen gekant is.
Die president, Cyril Ramaphosa, het ook opdrag gekry om aan hierdie saak aandag te gee.
Dr Allan Boesak steun PARC
Glen Snyman en dr Allan Boesak verlede week. Foto’s verskaf