Dis ‘n duur blikkie bier!

’N PA van twee het skuldig gepleit nadat hy op Oukersdag ’n blikkie bier van R14.99 by ’n supermark in die middedorp gesteel het.

Hy is deur die Oudtshoorn landdroshof ‘n boete van R100 opgelê nadat hy aan winkeldiefstal skuldig bevind is.

Hy het vir ’n boetestraf gevra. Sy versoek is nie deur die staatsaanklaer, Steve Dyssel, teengestaan nie. Landdros Vaughan Shone het tydens vonnisoplegging gesê hy neem die geringe waarde van die bier in ag en ook dat die feit dat die skuldige ’n eerste oortreder is.

Hy is gewaarsku dat hy volgende keer swaarder gestraf kan word omdat winkeldiefstal ’n misdaad is wat te veel voorkom. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Dis ‘n duur blikkie bier!"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*