Diereherberg gryp in nadat inwoners ’n babahondjie onder klippe steek

Wie kan nie geraak wees deur dié foto van ’n weerlose babahondjie wat Maandag deur inwoners van Oudts­hoorn onder klippe gesteek is nie. Die hondjie, wat erge pyn verduur het nadat die klippe op haar neergereën het, is deur vrywilligers van die Oudtshoorn Diereherberg gered en na ’n veearts gehaas. Foto verskaf

’N BABAHONDJIE se lewe is Maandag deur vrywilligers van die Oudtshoorn Dierherberg gered nadat inwoners, vermoedelik kinders, die klein diertjie probeer stenig het.

Volgens Ansa de Jager van die Oudtshoorn Diereherberg, ’n dierewelsynorganisasie van vrywilligers, is hul hulp Maandag ingeroep nadat die hondjie in die omgewing van ’n plakkerskamp naby PSP Timbers onder klippe gesteek is.

“Sy is nog ’n baba,” sê De Jager.”

“Ons het ’n klagte ontvang dat ’n babahondjie gestenig word en ons daarheen gehaas en kon gelukkig die arme diertjie vind. Sy was in erge pyn as gevolg van ’n gebreekte been.”

De Jager sê dit is nie duidelik of die hondjie eienaars gehad het nie. Sy was oortrek met vlooie en bosluise.

Hulle het die hondjie, wie se been gebreek is deur die klippe wat op haar neergereën het, na ’n veearts geneem.

Volgens De Jager het die hondjie Dinsdag nog duidelik pyn ervaar en getjank as haar beentjie aan iets raak.

De Jager sê die vrywilligers van die Diereher­berg sit met hul hande in die hare omdat hulle nie in staat is om oral waar daar nood is, hulp te verleen nie, en ook nie plek het om honde heen te vat nie.

“Mense sal moet verantwoordelikheid vir hul diere begin aanvaar.

“Ons word oorval deur mense wat diere het, maar niks vir daardie diere wil doen nie. Hulle kom bedel by ons vir kos of laai net hul diere by ons af. Die probleem is dat daar nie plek is vir hierdie diere nie. Die munisipale skut wat uithelp, het nie meer plek beskikbaar nie. Dit beteken as mense hul diere by ons kom aflaai, sal ons hulle moet laat uitsit.

“Ons kan nie meer nie.”

Oudtshoorniete, raak betrokke by en steun die Oudtshoorn Diereherberg!

Die Oudtshoorn Diereherberg is ’n organisasie sonder winsbejag (NPO) en is deur inwoners op die been gebring vir Oudtshoorn se mense en diere.

Die Diereherberg het ’n beroep op inwoners gedoen om hulle te ondersteun en by te staan en betrokke te raak sodat die organisasie kan bly voortbestaan op die dorp.

Hier is inligting wat die organisasie beskikbaar gestel het: “Dierewelsyn is moeilike en dikwels ondankbare werk wat mense finansieel, emosioneel en fisiek kan breek.

“We are willing to walk the walk and talk the talk for Oudtshoorn’s animals and hope we will have the support, help and participation of our community.”

Banking details:
Oudtshoorn Diere Herberg 265-031 NPO
FNB (Oudtshoorn)
Business Account no: 62914043477
Branch code: 210414
SWIFT Code: FIRNZAJJ

Reference: Here you can decide where (vet, food, sterilisations, etc. or to what animal your donation goes to.

Vet bill details:
FNB
Kango Dierekliniek BK
Cheque acc 62103774164
Branch Code 210414
REF 13366
Tel 072 070 5977
oudtshoorn.diereherberg2021@gmail.com