Die South African International Challenge (SAIC) het afgeskop op Louvain Gasteplaas

Die South African International Challenge (SAIC) het Woensdagoggend om 04:00 afgeskop op Louvain Gasteplaas, sowat 50 km buite Oudtshoorn. Ruiters en perde het Woensdag verskillende afstande van 160 km, 100 km en 80 km afgelê. Vrydag vind die 120 km afstand plaas.

Hierdie die grootste en die enigste internasionale uithourit in Suid-Afrika, met ruiters vanaf Namibië wat vanjaar ook deelneem.

Dit is ook ’n Fédération Équestre Internationale (FEI) rit.

Oudtshoorn spog met drie ruiters in die Protea span. Anso Nel en haar perd Azrek Waldo neem Vrydag deel en was verlede jaar se algehele 120 km-wenner.

Lara Le Roux en haar perd Koringkloof Enzahi en Michael Vaaltyn met sy perd Almas is ook in die Protea-span ingesluit en het Woensdag deelgeneem aan die 160 km.

Lara neem ook weer Vrydag deel. Almarie Nel, Ankhe Muller, Saul van Wyk en Nico-Meyer Le Roux is almal in die WP-span opgeneem.

Daar is meer as 180 perde by hierdie rit. Op die foto is spanlede van Namibië met hul perde. Foto: Johanette Photography