

Oudtshoorn’s Got Talent, ’n inisiatief van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, het inwoners van die dorp Donderdag (18 Mei) op hul voete gehad van opwinding toe die 27 finaliste van De Rust, Dysselsdorp, Volmoed, Spieskamp en Oudtshoorn hul beste voet voor op die Toekomsrus Gemeenskapsaal se verhoog gesit het om hul talente ten toon te stel.
Van sangers tot dansers en rymkletsers en nog meer het kom meeding om die eerste prys. Die beoordelaars; Theo Japsnoet Witbooi, Lesinda Stalmeester, Susan Juta, Hein Coetzee en Bboy Da Vinci het ’n moeilike taak gehad om die algehele wenner te kies. Aan die einde van die aand het ’n danser, MTK, met die louere weggestap.
Daar wes wel kategorie-wenners ook: Mandisa Snyman van Oudtshoorn het die sang-gedeelte gewen, Action Boys van Dysselsdorp het die rymklets gewen en Street Disciples van Oudtshoorn het die dans-kategorie gewen. Hier (bo) is enkele tonele van die aand se optredes. Foto’s: Stefan Skapie Goosen