Maak Winter warmer: Lekker ertesop

Wat is lekkerder as dik ertesop met stukkies vleis op ’n yskoue wintersdag. Hier volg ’n maklike resep, wat sommer ’n groot pot vol maak. Die sop kan ook gevries word.

1 pak erte
1 gerookte Eisbein
2 Hoenderblokkies
2 liter water (+ 1 lt gedurende die kookproses)
1 ui
Knoffel na smaak (kan ook uitgelaat word)
1 pakkie hoendersop
Sout en peper na smaak
Speserye en kruie van jou keuse
250 ml Room (opsioneel)

Metode:

  1. Kap ui, en braai tot gaar, saam met sout, peper, speserye en kruie.
  2. Los die twee hoenderblokkies op in die 2 liter water en voeg by uie
    in pot.
  3. Spoel erte af, en voeg by water in pot.
  4. Voeg heel Eisbein by.
  5. Kook alles saam op medium hitte vir sowat 2 ure of tot erte opgelos is. (Roer gereeld om aanbranding te voorkom, en voeg nog water by soos nodig – gewoonlik nog ’n liter).
  6. Na 2 ure, haal Eisbein uit sop en sny vleis van die been af, voeg weer by sop.
  7. Kook op medium hitte vir nog sowat 30 minute.
  8. Maak die hoendersop aan met ’n klein bietjie melk en voeg by.
  9. Voeg room by.
  10. Geniet die sop saam met vars gebakte brood, vetkoek of selfs net so op sy eie.

Glühwein resep:

Verwarm weer van binne na buite op met Glühwein. Hierdie warm, winterdrankie sal jou weer van warmte laat “gloei”. Wees net versigtig – die alkohol in hierdie warm drankie kan vinnig na jou kop toe gaan, so jy sal dalk wil beplan om daarna binne te bly!

Bestandele:
• ¾ koppie water
• ¾ koppie wit suiker
• 1 (3 duim) kaneelstokkie
• 2 medium lemoene, verdeel
• 10 heel naeltjies
• 1 (750 milliliter) bottel rooiwyn

Metode:

  1. Bring die water, suiker en kaneel- stokkie tot kookpunt. Verlaag die hitte.
  2. Sny ’n lemoen in die helfte en voeg die sap by die mengsel.
  3. Druk die naeltjies aan die buitekant van die lemoenskil. Plaas in die pruttende
    mengsel. Prut verder totdat die mengsel dik en stroperig is.
    Verwyder van hitte.
  4. Roer die wyn by terwyl die mengsel warm is, maar nie prut nie.

Skep in bekers en bedien met lemoenskywe.