Burgemeester lê besoek af by Helen Bellinganhof

Chris Macpherson (middel voor), burgemeester van die Groter Oudtshoorn, luister na Colleen Fourie (links), bestuurder van Helen Bellinganhof Aftreeoord, tydens ’n besoek op Donderdag, 8 April, aan die oord se versorgingseenheid. Suster Fourie sê die besoek, wat op uitnodiging plaasgevind het, was ’n stap in die rigting om ’n vennootskap te bou tussen die munisipaliteit en Helen Bellinganhof, wat die grootste versorgingsinstelling op Oudtshoorn is. Agter Macpherson is van links Harriet Marais, beheerraadslid van die oord, raadslede Johan Fourie en George Kersop, en Godfrey Malgas, ondervoorsitter van die oord se beheerraad. Suster Fourie het die besoekers op ’n besigtigingstoer deur die versorgingseenheid geneem. Foto: Stefan Skapie Goosen