Die hofsaak teen ’n bejaarde inwoner van Oudtshoorn wat van moord aangekla word nadat hy ’n onbekende man in sy erf geskiet het, sal moontlik nie vanjaar afgehandel sal kan word nie weens probleme met geskikte verhoordatums.
Die staat het reeds sy saak gesluit teen Benjamin Joubert (69), wat aanvoer dat hy uit noodweer opgetree het toe hy op 10 Desember verlede jaar die 19-jarige Raymond Oliphant op sy erf in Parkweg doodgeskiet het.
Landdros Mark van Wyngaardt het die saak in November vir die vasstelling van ’n nuwe datum waarop dit voortgesit sal word, tot Vrydag (9 Desember) uitgestel en Joubert se borgtog en borgvoorwaardes verleng.
(Deur Garnett Wicomb)