
Shirley Erasmus van Oudtshoorn en haar top-konsultant vir 2016, Trudy Muller (middel). By hulle is Debbie Goosen, ’n area-konsultant.
So maak Shirley ’n verskil
SY is dankbaar en trots dat sy kan sien hoe haar besigheid ’n verskil in ander se lewens maak deur hulle te bemagtig, sê Shirley Erasmus van Oudtshoorn.
Erasmus het vanjaar meer as 200 konsultante in Oudtshoorn vir die skoonheidshuis Justine gewerf. Sy het ook waarskynlik geskiedenis op die dorp gemaak met die wyse waarop en omvang waarmee sy op grondvlak mense hierdeur bemagtig het.
Sy is in September deur Justine in Johannesburg bekroon as hul nasionale topbesigheidsleier op leiersvlak asook vir die grootste spangroei in die land. Sy was tweede in die land in die afdelings vir aktwiwiteitsgroei en groei in verkope.
Erasmus het besluit om na haar prestasie ook haar konsultante te bekroon tydens ’n funksie wat op 26 November by Headlines op Oudtshoorn gehou is. Mans en vroue is deel van haar span.
“Ons doel is om mense te bemagtig om hulleself te bemagtig, en om die lewens van minderbevoorregtes te verbeter,” sê Erasmus.