Die dames van die Oudtshoorn ReWolusie het op Vrydag, 24 November hul afsluiting by die KKNK-kantoor by Die Neelsie in Jan van Riebeeckweg gehou en hul jaar op ’n hoë noot afgesluit
Meer as 30 vrouens het vanjaar deelgeneem aan die hekel- en brei-projekte.
Die dames se naalde het weereens vanjaar in samewerking met die Oudtshoorn Rotariërs se Krismisboksprojek geklap.
Die eerste jaar het hulle 500 kleurvolle beertjies en poppies gemaak, die tweede jaar het die getal op ’n 1 000 gestaan.
Hierdie jaar is daar 1 100 beertjies gebrei en gehekel wat dan in elke Rotariër Krismisboks sal ingaan om kinderharte van 20 tot 25 kleuterskoolkinders in en om Oudtshoorn te verbly. Einge persoon is welkom om by die Oudtshoorn ReWolusie aan te sluit en saam te brei of hekel.
Skenkings van wol, breinaalde of stopsel is ook welkom.
Vir meer inligting kan daar ’n e-pos gestuur word aan info@kknk.co.za of ’n WhatsApp boodskap na 065 285 2337. (Deur Lindi Brill)
2023 ReWolusieop hoë noot gevier
