20-jarige wat
beursie gryp 8 jaar tronk toe vir roof

’N JONG man van Dysselsdorp wat aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn Streekhof vir agt jaar tronk toe gestuur.

Heinrich Botha (20) is daaraan skuldig bevind dat hy op 28 September 2020 vir Dawid Alberts met ’n kapmes gedreig en van sy beursie met R600 beroof het.

Alberts het by sy hekkie gestaan toe Botha hom genader en glo dwelms by hom wou koop. Botha het sy beursie gegryp en weggehardloop. Alberts het getuig dat hy Botha agterna gesit het om sy beursie terug te vat maar deur Botha met ’n kapmes gedreig is toe hy hom ingehaal het.

Streeklanddros Sylvia Mandla het met von­nisop­legging gesê die beskuldigde en die verdedi­gingsgetuie, Jason Oktober, was op dieselfde to­neel, maar dat hul getuienis verskil het. Die klaer daarenteen was ’n geloofwaardige getuie wat selfs onder kruisverhoor by sy weergawe gehou het.

Die hof het in ag geneem dat Alberts nie bese­rings opgedoen het nie en Botha nie beplan het om die misdaad te pleeg nie. Botha is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. (Deur Garnett Wicomb)