Klein Karoo Toyota kry ervare nuwe diensbestuurder

KLEIN KAROO TOYOTA op Oudtshoorn het ’n ervare nuwe werkswinkelbestuurder, Andries Oelofse, aangestel, met ondervinding van alle fabikate motors en ander voertuie.

Oelofse was voorheen 13 jaar lank werks-winkelbestuurder van ’n groot handerlaarskap van Associated Motor Holdings (AMH) in Port Elizabeth. In die tyd wat hy daar was, is sy werkswinkel vir vyf jaar as AMH se werkswinkel van die Jaar aangewys.

Anru de Wet, handelaarshoof van Klein Karoo Toyota, sê hy is vol vertroue dat Oelofse “die gehalte van diens wat ons graag aan ons kliënte wil bied”, sal verskaf.

Oelofse, ’n Kimberliet van geboorte, het sy ambag as tegnikus in 1990 by die Ulco-sementfa-briek naby Kimberley begin en voltooi.

Van daar is hy in 1994 na ’n handelaar­skap in Bloemfontein waar hy 13 jaar lank gewerk en tot meestertegnikus (DET) gevorder het.

Hy is in 2007 na Port Elizabeth.

Oelofse sê hy het in sy loopbaan al aan alle voer-tuigfabikate gewerk.

“Hoewel ons hier by Klein Karoo Toyota op Toyotas fokus, wil ons graag ons dienste aan alle voertuigeienaars bied, ongeag die fabrikaat wat hulle besit,” sê hy.

Volgens Oelofse was sy benadering nog altyd dat die kliënt eerste kom. “So kan ’n mens seker maak jou kliënte is tevrede en dat hulle graag weer van jou diens gebruik sal maak.”

Klein Karoo Toyota bied herstelwerk en dienste aan alle fabrikate voertuie aan.

Hulle het ook gevorderde toerusting om wielsporing vir motors en bakkies te doen.