Sms’e van lesers

Laslappie-kunswerk op 85 jaar!
Veronica Greeff (85) van Millenniumpark op Oudtshoorn by ’n asemrowende koningsgrootte lappieskombers wat sy vir Rudi Pienaar van Mosselbaai gemaak het. Rudi se ma, Roline van der Merwe, is ook ’n inwoner van Millenniumpark en Rudi het nadat hy Veronica se lappieswerk gesien het, haar gevra om vir hom die lappieskombers te maak.