Begroting word Vrydag bespreek

Deur Liesel le Roux
DIE Groter Oudtshoorn-raad vergader voor die einde van die maand oor die begroting vir 2019/2020, sê die munisipale bestuurder, Allen Paulse. ’n Voorlegging aan die gemeenskap sal ook geskied, sê Paulse.

Paulse het gereageer op ’n navraag van Die Hoorn oor die goedkeuring van die GOP en die begroting vir 2019/2020, wat op 1 Julie in werking moet tree. ’n Spesiale raadsvergadering is intussen vir Vrydag geskeduleer.

Die Groter Oudtshoorn se raad het einde Februa­rie laas vergader. Die raadsvergadering einde Maart is afgestel, terwyl die burgemeesters-imbizos wat van 1 tot 16 April op Oudtshoorn sou plaasvind, ook nie gerealiseer het nie.