Deur Angelique Erasmus
NOG klagtes gaan moontlik by die klagstaat teen ’n pastoor van Oudtshoorn gevoeg word wat reeds op drie aanklagte van verkragting en vier van onsedelike aanranding teregstaan. Gemeentelede was in die hof om die pastoor te ondersteun.
Die saak is Woensdag in die Oudtshoorn Streek-hof deur landdros Daniël Boks uitgestel na 11 Junie, as gevolg van die moontlike ander klagstaat en omdat ook gewag word vir forensiese verslae.