Vier voertuie in botsing

’n Botsing waarin vier voertuie betrokke was, het Dinsdagaand omstreeks 20:00 op die hoek van Voortrekker- en Springbokweg – by die begin van die stopry-punt plaasgevind. ’n Polisievoertuig, ’n private bakkie en motor, en ’n bakkie van die Oudtshoorn munisipaliteit was by die botsing betrokke. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word ’n klagte van roekelose en nalatige bestuur ondersoek. Sy sê een van die voertuie het die verkeerstekens geïgnoreer en voor die polisievoertuig ingedraai. Foto’s: Ebenezer Titus