Wil graag reageer op jul skrywe van “Afpersslenter vang vele”
Ja wil saamstem dat hierdie iets is wat almal pla. Na my mening word daar ’n mark geskep vir die vroue deur mans van ons dorp en elders.
Ek bly in Suid en sien daagliks en saans hoe word die vroue deur plaaslike mans in hul bakkies en motors opgelaai.
Ek het ook al op twee geleenthede in dorp by ’n bekende besigheid gesien hoedat twee van die betrokke vroue ’n man intimideer vir meer geld…wat hulle elke keer gekry het. Daardie man moes pad gee uit die dorp om van die vroue ontslae te raak.
By die tweede geval het ek ook by ’n besigheid verbygestap, en gesien hoedat een van die vroue, ek neem aan dit was die bestuurder, beledig het en hy met sy pragtige motor die vrou opgelaai en met haar in die rigting van George gery het.
Ek glo nie iemand wat ek nie ken nie sal aan my deur kom klop en aandring op geld nie. In so geval glo ek die regte ding sal wees om die polisie te kontak en ’n klagte te lê. Jy maak jou skuldig as jy betaal vir dienste wat nie gelewer is nie.
In kort: Ons mans moet hul weerhou van hierdie aktiwiteite en nie ’n mark skep vir die vroue nie.
– Danie Maart