Mag ek nie…my…vriend?

Deur Johnny Malgas

Mag nie ek vra waarom nie? Mag ek nie vanoggend met ’n snoeiskêr staan en kyk na hierdie verpeste plant in my tuin nie?

Mag ek nie vra waarom daar iets soos Selons-roos moet bestaan nie? Mag ek nie in my diepste kwaad wonder en bevraagteken waarom kinders alles moet beproef nie?

Waarom hulle juis hierdie verduiwelse vlesige plant moes kies om hul vuurtjie aan die brand te kry nie?
Is daar dan geen rede waarom ek mag twyfel en woedend soek na antwoorde nie?

Mag ek nie wonder hoekom hulle altwee vir die eerste keer suksesvol was met hul derduisende pogings om ’n vuurtjie te maak in die tuin nie.

Suksesvol was om uiteindelik die hard gevriesde stukkie wors te laat ontdooi op ’n vuil roesrooster in ’n stowwerige draad omheinde-erf.

Mag ek nie deur die wolhaarstories van die lewe kyk, soos ek daardie oggend deur die ogiesdraad moes kyk nie?

Mag ek nie hardop vra waarom daar ’n saamgeflanste rots, in ’n lugleegte moes ontstaan en vir miljoene jare rondomtalie om ’n onbeskryflike Egiptiese god net sodat twee klein snotkop kindertjies miljoene jare later deur die genade van ’n groter mag of evolusie of wat ookal, hurkend om ’n oop vuurtjie kon sit en goedkoop winkelwors halfverskroeid van ’n rooiwarm krom geroesde rooster kon afkrap nie?

Mag ek nie vra waarom die donnerse geroesde rooster die eerste ding was wat my aandag getrek het toe ek die ysterhekkie oopforseer het nie? Mag ek nie…my vriend?

Mag ek nie wonder waarom te veel mense te maklik lag vir flou grappies nie?

Mag ek nie dit verafsku as groepies mense met hul koerantopskrif-gedagtes aangeleerde reaksies heen en weer slinger nie?

Mag ek nie wonder waarom hierdie glas-oog gesprekke dalk ook juis dit wegsteek wat ek elke dag diep binne my moet wegsteek nie?

Mag ek nie wens dat die stukkie wors nog op die kromrooster kon wees nie.

Daardie donnerse rooster!

Mag ek nie wens dat ek hulle nie geleer het dat jy die worsie kan afhaal as hy breek nie? Kan ek nie vra waarom al die verkeersligte nie net kon groen wees op pad huistoe nie?

En dat hul sussie wat agter in die karstoeltjie geslaap het ’n lewe met twee boeties kon ken nie?
Mag ek nie wonder waarom ek die klank van my buurman se sproeiers haat nie?

Die eentonige geklik-klik-klik wat hierdie vashaak toneel weer van vooraf projekteer teen die mure van my skedel. Klokslag. Repeterend! Die ogiesdraad, dan die hekkie, dan die rooster (die donnerse rooster) en dan die twee lykies.

Mag ek nie nou vra waarom hierdie vlesige plant dan so maklik en eenvoudig uitgewis kan word nie?

Die snoeiskêr so maklik deur die takkies vleg, terwyl hul sussie salig onbewus van hul bestaan agter die huis speel.

Die klank van die wasmasjien ritmies uit die garage weergalm.

Die rots eentonig mik na nog ’n draaiing om homself.

Mag ek nie nou wonder waarom die trane wat vrylik uit my oë stroom en met die sweet van my voorkop meng, heeltemal te laat is nie? Waarom mag ek dan nie nou wonder waarom dit stil word in die tuin nie?

Mag ek nie vra waarom die wasgoed en baba-kleertjies so gemaklik in die son kan uitdroog nie? Geen AA “meetings” vir hulle nie.

Mag ek nie wonder waarom ek die vuilgoedwa agterna kyk en wonder waar die verduiwelse plant gaan opeindig nie.

Moes ek dan nie vanoggend gaan kyk het waar hulle sussie speel nie?

Moes ek dan nie hartverskeurend gehuil het nie? Moes ek nie op my knieë geval en my hande voor my oë gehou het toe ek haar sien nie?

Mag ek dan nie die beeld van haar roerlose voetjies wat bo die rand van die “Sterri Nappi” emmer uitsteek, vergeet nie?

Mag ek nie?

Mag ek nie vra waarom ware verhale soos hierdie bestaan nie?