Foto van die Week
Op pad na De Rust by die spoorstasie is hierdie prentjiemooi toneel van ons Klein Karoo blommeprag afgeneem na ’n heerlike nat, winterreënvalseisoen. Kom maak gerus ’n draai by hierdie bekoorlike Victoriaanse dorpie, De Rust, met sy tipiese Karoo-atmosfeer wat deurtrek is van gasvryheid en tyd. Hierdie foto wys ook dat die Klein Karoo nie terugstaan vir die Weskus se blomme nie. Foto: Maureen Visser