Briewe van lesers: 2 Februarie 2023

Erkenning aan Sport – administrateurs

Oudshoorn kan tereg daarop aanspraak maak dat dit die sport-mekka van die Eden Distrik is.

Nie net beskik ons oor van die beste fasiliteite nie, maar ook top administrateurs.

Die burgemeester kan gerus erkenning gee aan die volgende  administrateurs op provinsiale en nasionale vlak Hennie Konstabel (Bestuurslid van SARU), Rudy Claassen (President SWD Krieket ).

Lluwellyn Coetzee (President van WP swem en bestuurslid van SA swem).

Edith Joseph (Voorsitter van Weskaap Netbal)

Ons is baie trots op hierdie dame en here wie ons dorp se sport vlag so  hoog laat wapper en gee erkenning aan hul rolle as leiers.
– Trotse Oudtshoorniet