Foto van die Week

Hierdie pragtige foto van die oggendson en ’n langhaar gemmerkat wat heerlik in die sonstrale bak is geneem in Schoemanshoek net buite Oudtshoorn, nogal op Vrydag die 13de. Dit lyk tog na ’n gelukskoot en nie 'n dag van ongeluk wat mense met hierdie dag en datum oor die algemeen assosieer nie. Foto: Cindy-Lee Goosen