ONS almal het agtergekom dat ons elektrisiteitskoste deur die dak is sedert die nuwe munisipale boekjaar op 1 Julie begin het. Dit is landwyd die geval met Eskompryse aan munisipaliteite wat gestyg het.
Talle kraggebruikers was erg geskok toe hulle hul munispale rekening in Augustus ontvang het. Die wat koopkragmeters het, het agtergekom dat hulle baie minder eenhede krag kry vir dieselfde hoeveelheid geld as voor 1 Julie 2021.
Hier is ’n paar wenke om krag te spaar:
• Geyser: Stel jou geyser se temperatuur af na 55ºC; maak jou geyser toe met ’n geyserkombers; skakel jou geyser af as jy weggaan.
• Stort eerder as bad.
• Ligte: Skakel onnodige ligte af; verander gloeilampe na LED wat 80% minder krag gebruik; vervang buisligte met LED- buisligte
• Isolasie: Isoleer jou woning met isolasiemateriaal; seël alle vensters en deure om koue en hitte uit te hou; Isoleer warmwaterpype wat aan die elemente blootgestel word.
• Wasmasjien – Was ’n vol vrag wasgoed op ’n slag, nie bietjies bietjies nie.
• Skottelgoedwasser – Was ’n vol vrag op ’n slag.
• Tuimeldroër: Gebruik spaarsamig en hang wasgoed eerder op.
• Koop energiebesparende yskaste. Stel die yskas tussen 2 ºC en 5 ºC en die vrieskas tussen -20 ºC en -22 ºC.
• Skakel alle onnodige kragproppe af. Jou sel-foonlaaier is ’n goeie voorbeeld. Hoeveel van ons los nie ons selfoonlaaier heeldag aan nie.
• Gebruik eerder ’n gasstoof in plaas van ’n elektriese stoof. (Deur Heinrich Bosman)
Spaar so elektrisiteit!

Ons oues van jare moet maar meet en pas voel net middle man “munisipaliteit” gulsig en hoeveel subsideer ons vir die wat nie pre pay het nie!!!!