Louis Stander (middel) is die eerste gelukkige wenner van R10000 in Timbercity Oudtshoorn se kompetisie waarin kliënte kontantpryse van altesame R50000 gedurende die laaste vyf maande van 2021 kan wen. Die R10000-prys vir Augustus is deur André van Greunen (links), eienaar van Timbercity Oudtshoorn, aan Stander oorhandig. Regs is Suan Westraad, tak-bestuurder van die winkel. Nog vier pryse van R10000 elk kan aan die einde van September, Oktober, November en Desember vanjaar gewen word.