DIE gesprekke vandeesweek in Die Hoorn met David Piedt en Poem Mooney (op onderskeidelik die vorige en hierdie bladsy) is deel van ’n reeks waarin Die Hoorn gesels het met van die Oudtshoorniete wat hier was toe die eerste KKNK in 1995 plaasgevind het.
Met die deel van hul ervarings help hulle om saam die storie te vertel van die eerste Afrikaanse kunstefees en die invloed daarvan op inwoners.
Dit is egter ’n storie met vele fasette; vir elkeen ’n storie met ander karakters, ander gesigspunte en ander gebeure.
Dit is ’n storie wat nog lank nie klaar vertel is nie, maar ons is letterlik in die proses deur die fees ingehaal!
Hier is die skakels na die vorige gesprekke met van die stigterslede wat daar was in 1995. Die gesprekke het sedert begin Februarie verskyn.
• Cyril Clarke : https://www.diehoorn.com/kknk/ die-opwinding-die-afwagting-die-lekkerte/
• Rosie Schoeman: https://www.diehoorn.com/kknk/ kon-nie-glo-so-baie-het-gekom/
• Ida Schmitt: https://www.diehoorn.com/kknk/waar-sou-afrikaanse-teater-en-%C2%AD-musiek-sonder-die-ontstaan-van-die-kknk-gewees-het/
• Garnett Wicomb: https://www.diehoorn.com/kknk/ een-van-die-beste-dinge-wat-met-oudtshoorn-kon-gebeur/
• André Boezak: https://www.diehoorn.com/kknk/ my-betrokkenheid-het-by-pieter-fourie-begin/