Sonsondergang oor Oudtshoorn.
■ Dis jammer en hartseer dat na sowat 20 jaar van herwinning ons vullis wat Maandae verwyder word nie meer deur herwinning gehaal word nie. In Mosselbaai is blou sakke voorsien en saam met vullis uitgesit en deur herwinning kom oplaai. Isabel
■ Die ANC en DA het in Kannaland bewys dat die twee partye kan saamwerk en dat daar nie wesenlike verskille in hul werkswyse is nie. Dit beteken dat jy maar vir enige van die twee kan stem. ’n Stem vir die ANC is ’n stem vir die DA en andersom.
■ Baie beïndruk met die nuwe kiosk by die privaat-hospitaal op Oudtshoorn. Heerlike kos en koffie en met groot glimlag bedien. Sal beslis weer ondersteun.
■ Ons wil ’n ernstige beroep doen om hulp. Hier in Swartsingel is persone wat krieket speel in die pad. Honde bly blaf met die gevolg dat diegene wat nagskof werk se rus verstoor word. Help! Groot asseblief!