Mickey en Ross Fish van Oudtshoorn se Clivia-tuin in Pringlestraat is vanjaar weer ’n skouspel. Daar is sowat 3 000 plante in hulle tuin en elke plant kry individuele aandag. Mickey, wat al die stokperdjie vir 13 jaar beoefen, sê die plante is vir hom soos sy kinders. Die publiek is welkom om die clivias per afspraak te kom besigtig. Kontak hulle by tel 044 272 306 of sel 083 262 5964. Foto Angelique Erasmus