Foto van die Week

Tye Yanai van die VSA, ’n vrywilliger by Cango Wildlife Ranch op Oudtshoorn, gooi tydens Karusa se onlangse colour run in Schoemans­hoek geel poeierverf oor die deelnemers. Dié treffende foto van ’n oomblik wat die geel poeier gespat het, is geneem deur Wayne Boshoff van Oudtshoorn.