Briewe

Prosedure tov selfoon-toring

Volgens Die Hoorn van 12 April 2018 moet bouplanindiening vir die oprig van selfoontorings voorafgegaan word deur ’n aansoek om ’n afwyking, wat gepaard gaan met ’n gemeenskaps-deelnameproses.

Dan sal die aansoek om afwyking in ’n plaaslike koerant geadverteer en op die direkte omliggende eienaars beteken word (sodat hulle daarvan kan kennis dra).

Finale besluitneming sal eers volg by die ontvangs van die omliggende bewoners se toestemming.

Hierdie prosedure van bouplan- in­diening vir selfoontorings is sedert Januarie 2017 van toepassing.

Siende dat ek vir die afgelope 10 jaar woonagtig is in Draaistraat vertrou ek dat die korrekte prosedures gevolg sal word deur die plaaslike munispaliteit – soos duidelik uiteengesit in Die Hoorn, en ek en ook ander eienaars in Draai­-straat op Oudtshoorn ons keuse kan uitoefen oor die oprig van die selfoontoring in ons straat.

– I Wessels, Oudtshoorn
(Die Hoorn het ’n navraag oor ’n moontlike selfoontoring in Draaistraat aan die Oudtshoorn Munisipaliteit ge-stuur nadat ons die brief ontvang het, maar tot dusver nog geen terugvoer daarop ontvang nie. – Redakteur)