Windbukssaak van rol

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n man van Dysselsdorp wat daarvan aan­gekla is dat hy ’n 10-jarige meisie met ’n windbuks geskiet het, is in die

Oudtshoorn Landdroshof van die hofrol verwyder omdat die polisie-ondersoek sloer. Daniel Botha se regsverteenwoordiger, Johan Duvenage, het beswaar gemaak en gesê die staat moet sy huis in orde kry.

Botha het tereg gestaan op aanklag van poging tot moord deurdat hy op Kersdag 2017 op ’n groep kinders geskiet het wat klappers in die straat voor sy huis geskiet het. Die meisie is getref.