Saak teruggetrek teen graad 9-leerder

• Seun voltooi woedebeheer-program suksesvol

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE saak teen ’n graad 9-leerder wat na bewering ’n 17-jarige seun op 6 Februarie 2017 by Hoërskool Calitzdorp met ’n skêr gesteek het, is op 20 April deur die Calitzdorp Landdroshof teruggetrek.

Volgens Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), het die graad 9 -leerder in opdrag van die hof ’n woedebeheer-program suksesvol voltooi. Hy is steeds ’n leerder van die skool.

“Die hof het die aanklag teruggetrek op grond van ’n positiewe vorderingsverslag en omdat hier­die voorval sy eerste oortreding was,” het Merton gesê.

Die leerder vaar volgens sy pa tans akademies baie goed op skool en geniet dit om skolerugby te speel.