Drie vermeende inbrekers vry na dossier wegraak

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen drie mans van Rose Valley in Oudtshoorn wat tereg ge­staan het op twee klagtes van huisbraak en diefstal en lank in aan­- houding was, is in die Oudtshoorn Distrikshof van die hofrol verwyder omdat die dossier soek geraak het.

Cecil Bosman en die broers, Brendon en Lorenzo Horne is daarvan aangekla dat hulle by die woning van Macdilene Korkee ingebreek en on­der meer ’n DVD-speler, beddegoed, sonbrille, skoene en ’n stryk­yster gesteel het. Nadat hulle op borg vrygelaat is, het hulle by Sam’s Clothing in Hoog­straat ingebreek.

Landdros Johan Steynberg het die saak op versoek van die drie se regs­ver­teenwoordiger, Veronique Oden­daal van die Regshulp­raad, van die hofrol verwyder en hulle vrygelaat om­dat die dossier nêrens te vinde is nie.