Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n egpaar van Oudtshoorn wat tereg staan op 68 klagtes van bedrog waarby miljoene rande betrokke is, is in die Oudtshoorn Streekhof vir verdere verhoor tot 14 Februarie 2018 uitgestel.
Marthinus en Johanna Rabie word daarvan aangekla dat hulle na bewering tussen 2006 en 2008 op onwettige wyse tenders van miljoene rande van die Wes-Kaapse Departement Landbou verkry het vir ontwikkelingsprojekte op onder meer Matjiesrivier, Zoar, Ladismith en Prins Albert.
Johanna Rabie was die eienaar van twee beslote korporasies, Attaqua en Gwaiing Ontwikkelings, terwyl haar man ’n tegnikus in diens van die van die departement was.
Die staat beweer hy het sy posisie misbruik om sy vrou se besighede te bevoordeel.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks.
Die Rabie-egpaar word deur Gideon Badenhorst verteenwoordig terwyl Hyron Goulding die aanklaer in die saak is.