Jeremy van Wyk (links) ontvang hier ’n teleskoop van Jean Rossouw (Aifa en Tfasa) namens die H.O.P.E. Foundation. Jeremy is ’n gekwalifiseerde natuur- en kultuurgids en het onlangs ook as “High 5”- sterrekykgids gekwalifiseer. In die middel is Jan Bester, stigter van die H.O.P.E. Foundation. Foto verskaf
Die bestuur van die plaaslike vliegskool wat bedryf word deur AIFA en TFASA, het opnuut hul verbintenis aan die gemeenskap van Oudtshoorn beklemtoon deur hulle te verbind as hoofborg van die gemeenskapsontwikkeling-inisiatiewe van die Helping Our People and Environment (H.O.P.E.) Foundation.
Die H.O.P.E. Foundation is sedert 2006 reeds betrokke by plaaslike gemeenskapsontwikkelingsprojekte en stel dit ten doel om in vennootskap met plaaslike rolspelers fokus op die unieke Khoi-erfenis van die Oudtshoorn-gemeenskap te plaas en dit tot ’n toerisme-attraksie uit te bou. Die H.O.P.E. Foundation bestuur ook die Ou Tolhuis, geleë op die Swartbergpas, as gemeenskap- en bewarings-inligtingsentrum.
Vanaf die Ou Tolhuis word verskeie Swartberg-ekotoere deur gekwalifiseerde gidse aangebied.
Een van die H.O.P.E. Foundation se gemeenskapontwikkelings-inisiatiewe is om plaaslike gidse op te lei as sterrekyk-gidse en sodoende die unieke Khoi-verhale oor die sterrehemel aan toeriste oor te dra. Jan Bester, ’n plaaslike gids, toeroperateur en stigter van die HOPE Foundation, het in 2006 die “High 5”-sterrekyk-konsep ontwerp en het sedertdien reeds verskeie gidse opgelei.
Belangstellendes wat ’n “High 5”- sterrekyksessie wil bywoon, kan Jan Bester kontak by 082 461 8253. Die sterrekyksessies kan ook vir groepe of funksies aangebied word by enige venue wat geskik is vir sterrekyk. Vir enige verdere inligting oor die H.O.P.E. Foundation besoek www. hopefoundation.co.za. (Promosie.)