Sopkombuis vier Mandeladag met skoonmaak van tuin

Die kinders by Sondag se skoonmaaksessie. By hulle is Phillip Seroux van die Polisiehoogte sopkombuis. Foto: Garnett Wicomb

DIE Polisiehoogte Sopkombuis het Sondag (18 Julie) Mandeladag gevier met die skoonmaak van die tuin van die Gospel Revelation Kerk waar die kombuis in April 2020 begin is.

Die kombuis, wat deur die Seroux-egpaar, Phillip en Susanna, bedryf word, spog vandag met ’n eie struktuur en het ook verder uitgebrei met ’n nasorgsentrum.

“Ons is groot dank aan die kerk verskuldig en daarom het ons besluit om ter viering van Mandeladag ook dankie te sê aan die kerk,” sê Phillip Seroux.

Tans word tussen 80 en 100 kinders en bejaardes elke dag van die week iets by die sopkombuis gegee om te eet danksy mildelike bydraes van verskeie Samaritane.

Die kinders wat Sondag 67 minute van hul tyd beskikbaar gestel het, is Maandag danksy Famsa Karoo vir ’n uitstappie na die Wilgewandel Va-kansieplaas geneem. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Sopkombuis vier Mandeladag met skoonmaak van tuin"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*